Ps 127:1
… As die Here die huis nie BOU nie, TEVERGEEFS werk die wat daaraan bou …
Wie en wat is die Kerk?
Matt 16:18 Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op HIERDIE ROTS (openbaring) sal Ek my KERK BOU, en die magte van die doderyk sal dit nie OORWELDIG nie.
Kerk – EKKLESIA = Byeenkoms (Bymekaar kom) of om UITGEROEP te word.
Hand 2:1
EN toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal EENDRAGTIG bymekaar.
Hand 2:47
Terwyl hulle God GEPRYS het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die GEMEENTE GEVOEG die wat gered is.
1. Die kerk is die familie (of huishouding) van God
Ef 2:19
So is julle dan nie meer VREEMDELINGE … maar medeburgers van die heiliges en HUISGENOTE van God.
2. Die kerk is die liggaam van Christus.
1 Kor 12:14,18
Want ook die liggaam is NIE EEN LID nie, maar BAIE. Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos HY GEWIL het.
3. Die kerk is die tempel van God.
Ef 2:20-21
Gebou op die FONDAMENT van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die HOEKSTEEN is, in wie die hele gebou, goed SAAMGEVOEG, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here.
4. Die kerk is die pilaar en ondersteuning van die waarheid.
1 Tim 3:15
Dan kan jy weet hoe iemand hom moet GEDRA in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God, ‘n PILAAR en grondslag (Beskermer) van die waarheid.
5. Die kerk is die bruid van Christus
Ef 5:25
Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, SOOS Christus ook die GEMEENTE liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het.
Open 19:7
Laat ons BLY wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die BRUILOF van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.