11 September 2022
Lukas 15:4 (NLV)
As jy 100 skape het en EEN het VERDWAAL en verlore geraak, sal jy nie die 99 ander net daar laat staan en die een gaan SOEK tot jy hom kry nie?
Luk 15:8
Of watter vrou wat tien pennings het, as sy een PENNING (MUNTSTUK) verloor, steek nie ‘n lamp op en vee die huis uit en SOEK SORGVULDIG totdat sy dit kry nie?
Matt 4:8-9
… die duiwel … wys Hom al die KONINKRYKE VAN DIE WêRELD en hulle heerlikheid, en sê vir Hom: Al hierdie DINGE sal ek aan U GEE as U neerval en my aanbid.
Matt 6:32-33
Want na al hierdie DINGE soek die heidene … Maar SOEK eers die KONINKRYK van God (SIELE) …
Matt 6:19-20
Moenie vir julle skatte BYMEKAARMAAK op die aarde … maar maak vir julle SKATTE (SIELE) bymekaar in die HEMEL.
1 Pet 1:18-19
Omdat julle weet dat julle nie deur VERGANKLIKE dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel … maar deur die KOSBARE bloed van Christus …
Matt 16:26
Want wat BAAT dit ‘n mens as hy die HELE WÊRELD win, maar aan sy siel SKADE ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?
Luk 19:10
Want die Seun van die mens het gekom om te SOEK en te RED wat VERLORE was.
Jes 6:8
Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: WIE sal Ek STUUR? En wie sal vir ons GAAN? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur MY.