Dieper en Wyer Deel 5 – Pastoor Renaldo Barnard
12 Februarie 2023
Eseg 47:9 (NLV)
ORAL waar hierdie rivier loop, bring dit LEWE … (VRUG)
Psm 84:3-8 (NLV)
… My SIEL verlang, ja, SMAG na die VOORHOWE van die Here … WELGELUKSALIG is hulle wat woon in U huis … As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit ‘n FONTEINLAND … Hulle gaan van krag tot KRAG …
Heb 11:6 (53)
… Want hy wat tot GOD GAAN, moet GLO dat Hy is en ‘n BELONER is van die wat HOM SOEK.
Matt 5:6 (NLV)
GELUKKIG is dié wat HONGER en DORS na wat voor God REG is ,want Hy sal hulle HARTSVERLANGE bevredig.
Matt 15:28 (53)
… o Vrou, GROOT is jou GELOOF; laat dit vir jou wees soos jy wil hê.
Matt 6:5-6 (NLV)
… Moenie soos die SKYNHEILIGES wees wat … bid sodat die mense hulle kan sien nie … dit is al BELONING wat hulle ooit sal kry … jou VADER wat ALLES weet, sal jou BELOON.
Matt 5:11-12 (NLV)
GELUKKIG is julle wanneer julle BESPOT en VERVOLG word … Wees BLY, ja, JUBEL daaroor, want God sal julle RYKLIK daarvoor BELOON.
Mark 10:29-30 (NLV)
… Ek VERSEKER julle, elkeen wat … ter wille van My … PRYSGEGEE het, sal in hierdie tyd honderd maal soveel … ONTVANG.
Heb 10:35 (NLV)
MOENIE hierdie VERTROUE in God deur julle VINGERS laat GLIP nie. Dit hou vir julle ’n GROOT beloning in.
Open 22:12 (NLV)
Jesus sê: “Kyk, Ek KOM gou! My LOON kom saam met My om almal te BELOON volgens wat hulle GEDOEN het.