Mark 6:45-52
Joh 17:14 “… nie van die wêreld is nie.”
Fil 4:4 “Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!”
Fil 4:6 “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.”
Fil 4:7 “En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.”
Fil 4:8 “… watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.”
Fil 4:9 “En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.”
Heb 13:5-6 “… Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?”
Jes 43:1-2 “… Wees nie bevrees nie, want Ek sal jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep jy is myne! As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere – hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur die vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.”
Fil 4:13 “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.”