Joël 3:10 … laat die swakke sê: Ek is ‘n held.
Gen 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers …
Gen 1:28 En God het hulle geseën … onderwerp dit en heers …
Ps 89:35 Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie.
Op 12:9 … die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei …
Gen 3:1 … En hy (satan) sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het …?
Gen 3:7 Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is …
Rom 8:13 Want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe …
Rom. 8:7 Omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is …
Joh 8:32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak
Kol 2:15 Nadat Hy (Jesus) die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar
tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.
Luk 10:19 Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.
Rom 5:17 … veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.
Ef 2:8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof …
Ef 3:20 En aan Hom (Jesus) wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die (Sy) krag wat in ons werk.
Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
Joël 3:10 … laat die swakke sê: Ek is ‘n held.
0 Comments