Here Lei My 2023 – Gerhard Dalton
Ps 31:4 – U is my rots en my vesting. Lei my, wees vir my ’n gids ter wille van u Naam.
Spr 19:21 (NLV) – ’n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het.
Jes 30:21 – En jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.
Spr 14:12 – Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
Spr 3:5-6 (NLV) – Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys.
Jes 53:6 (NV) – Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.
Ps 23:1 – Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie.
Ps 23:2 – Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.
Ps 23:3 – Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.
Ps 23:4 -Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.
Ps 23:5 – U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.
Ps 23:6 – Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.
Ps 25:4-5 (NV) – Maak my u wil bekend, Here, leer my u paaie. Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin, want U is God, my redder. In U stel ek elke dag (2023) my verwagting.
Voed jou gees
- Weeklikse Kerkbywoning
- Bid Vroeg
- Lees jou Bybel
- Raak betrokke