Herlaai – Deel 2

Herlaai - Deel 2

Oct 9, 2022
Series: Herlaai
Topic: Power of God

Speaker: Gerhard Dalton

Ps 23:3 “Hy verkwik (herlaai) my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.”

Rig 15:18″Simson was baie dors en toe roep hy tot die Here: “U het hierdie groot oorwinning deur my moontlik gemaak. Moet ek nou van dors sterf en in die hande van die heidene val?”

Rig 15:19 (NLV) “Toe het God water … laat borrel. Simson het gedrink en sy krag het teruggekom …”

Jak 1:13″Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie.”

1 Kor 10:13 “Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.”

Rig 16:1 (NLV) “Simson het op ’n keer Gasa toe gegaan. Hy het daar ’n prostituut ontmoet en by haar gaan slaap.”

Jak 1:14,15 (NLV) “Ons eie sondige begeertes beproef ons, sleep ons saam en verlei ons. As ons sondige begeertes eers bevrug geraak het, is sonde die babatjie wat gebore word. En as hierdie babatjie kans kry om volwasse te word, gee dit geboorte aan die dood.”

Rig 16:3 “Simson het bly lê tot middernag en toe opgestaan. Hy het die deure van die stadspoort met kosyne en al uitgeruk en dit op sy skouers tot bo-op die … die berg … gedra.”

Rig 16:16″So het sy dae lank by hom bly neul en hom lastig geval. Hy het so ongeduldig geraak dat hy kon sterf.”

Rig 16:17 (NLV) “Toe het hy sy hart vir haar oopgemaak. Hy het vir haar gesê: “My hare is nog nooit geskeer nie. Ek is van my geboorte af as nasireër aan God gewy. As my hare afgeskeer word, sal my krag verdwyn. Ek sal dan magteloos wees en soos enige ander mens.”

Rig 16:20-21 (NLV) “Sy roep toe uit: “Die Filistyne het jou kom vang, Simson!” Hy het uit die slaap wakker geword en by homself gedink: “Ek sal weer uit die ding kom soos al die vorige kere.” Maar hy het nie geweet dat die Here hom verlaat het nie. Die Filistyne het hom vasgebind. Hulle het sy oë uitgesteek. Hulle het hom na Gasa toe gevat en hom met twee koperkettings vasgemaak. In die tronk moes hy meel maal.”

Rig 16:28 (NLV) “Simson bid toe tot die Here: “Oppermagtige Here, dink tog aan my! God, maak my tog net hierdie een keer so sterk dat ek my op die Filistyne kan wreek vir my oë!”

1 Kor 10:12  “Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.”

1 Joh 1:8-9 “As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.”

Joh 15:4 (DB) “Niks moet ons van mekaar skei nie! Julle moet baie naby aan My bly, soos takkies wat aan die druiwestok vasgegroei is. Ek sal net so naby aan julle bly  - soos ’n druiwestok wat vasgegroei is aan sy takkies. ’n Takkie kan mos nie druiwe dra as dit eenkant lê en nie aan die druiwestok vas is nie. Net so het julle My nodig om n goeie, vrugbare lewe te kan lei.”