27 November 2022
Luk 11:34 (DB)
Jou oë is soos ’n lig. As jy op die regte manier daarmee KYK, maak dit alles in jou lewe helder. Maar as jy jou oë nie deur God laat instel om reg te KYK nie, maak jou oë jou hele lewe pikdonker
Ps 121:1-2
Ek KYK op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
Ex 14:13 (NLV)
Moses het die volk geantwoord: “Moenie bang wees nie. Staan net daar waar julle is en KYK hoe die Here julle vandag red. Hierdie Egiptenaars wat julle vandag hier voor julle sien, sal nooit ooit weer gesien word nie.
Jes 43:18
Die Here sê: Moenie vassteek by die verlede nie. Moenie net dink aan die dinge wat verby is nie.
Jes 43:18b (NLV)
Dis niks in vergelyking met wat EK nou gaan doen nie.
Eks 14:14 (NLV)
Wag en KYK! Die Here sal in julle plek veg.”
Eks 14:15 (NLV)
Die Here het toe vir Moses gesê: “Vir wat staan jy so benoud en roep na My? Sê die
mense moet begin beweeg.
Jes 43:19
KYK, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.
Hos 2:13
Daarom, KYK, Ek sal haar lok en haar in die woestyn lei en na haar hart spreek.
Hos 2:14