Jes 43:19 Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom …
Jes 42:20 Jy het wel … gesien, maar … geen ag … gegee nie … ore oop … maar jy hoor nie.
Jes 43:18 Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie.
Gen 19:26 Lot se vrou het omgekyk en sy het in ‘n soutpilaar verander.
Luk 17:32-33 Onthou wat met die vrou van Lot gebeur het! Elkeen wat sy lewe probeer behou, sal dit verloor, maar elkeen wat dit verloor, sal dit behou (wen).
Open 3:15 Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!
Ps 34:9 Smaak en sien dat die Here goed is …
Open 3:18 Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.