20 November 2022
OPDRAG
1 Tes 5:18 (NLV) -Wees … DANKBAAR, want dit is wat God van julle VERWAG.
Ps 92:2-3 (NLV) -Dit is GOED om die Here te dank … om SOGGENS u goedheid aan te kondig, en in die AAND u getrouheid.
Ps 100:2-5 (NLV) – Dien die Here met BLYDSKAP … Gaan sy poorte in met DANKLIEDERE, sy hofsaal met LOFSANGE. Dank Hom en prys sy Naam. Want die Here is GOED.
Ps 103:2-5 (NLV) – Ek wil die Here prys en nie al sy goeie dade VERGEET nie. Hy VERGEWE al jou sondes … GENEES al jou siektes … VERLOS jou lewe van die dood … BEKROON jou met liefde en medelye. Hy vul jou lewe met GOEIE DINGE, VERNUWE jou jeug soos ’n arend s’n.
Rom 1:21 (NLV) – … hulle het ’n GODSBESEF gehad, maar tog het hulle Hom nie as God GEëER of aan Hom DANKBAARHEID betoon nie. Inteendeel … hulle … HART het heeltemal TOEGESLAAN.
WANNEER?
1 Tes 5:18 (NLV) – Wees IN ALLE omstandighede dankbaar …
Hab 3:18 (NLV) – … tog, TEN SPYTE van alles, sal ek my VERBLYin die Here ! Ek sal JUIG oor God wat my verlos!
Job 1:21-22 (NLV) – … Die Here het my ALLES gegee wat ek gehad het, en nou het Hy dit alles WEGGENEEM. Prys die Naam van die Here !” In ALLES wat gebeur het, het Job nie gesondig nie en God nie VERWYT nie.
Hand 16:25 (NLV) – … Teen middernag was Paulus en Silas BESIG om … LOF van God te sing . Die ander gevangenes het na hulle GELUISTER.
HOEKOM?
1 Tes 5:18 (NLV) – … Wees in alle omstandighede DANKBAAR, want dit is wat God van julle verwag OMDAT julle met Christus Jesus VERENIG is.
Rom 8:28 (NLV) – … En ons WEET dat God ALLES ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens SY DOEL vir hulle lewe.