KYK

KYK

Nov 20, 2022
Book: 1 Samuel

Speaker: Gerhard Dalton

20 November 2022

Luk 11:34 (DB)  – “Jou oë is soos ’n lig. As jy op die regte manier daarmee KYK, maak dit alles in jou lewe helder. Maar as jy jou oë nie deur God laat instel om reg te KYK nie, maak jou oë jou hele lewe pikdonker

Ps 121:1  – Ek KYK op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom?

1 Sam 28:8b
… Voorspel tog vir my deur die gees van ‘n afgestorwene …

Heb 11:1
DIE geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

1 Sam 31:2 (NLV)
Die Filistyne het hulle op Saul en sy seuns toegespits en al drie seuns, Jonatan, Abinadab en Malkisua, doodgemaak.

Jonatan – God het gegee
Abinadab – Seun van gewilligheid
Malkisua – Koning van hulp

1 Sam 31:3 (NLV)
Die aanslag op Saul het al strawwer geword. Die boogskutters het hom ingehaal en hom ernstig gewond

Efe 6:16 (NLV)
Dra onder alle omstandighede die skild van die geloof. Daarmee kan julle al die brandpyle blus wat die Bose afskiet

1 Sam 31:4 (NLV)
Toe beveel Saul sy wapendraer: “Vat jou swaard en steek my daarmee dood voordat hierdie onbesnede Filistyne my doodsteek en my verneder.” Maar sy wapendraer was bang en wou dit nie doen nie. Toe vat Saul self die swaard en val daarin.

1 Sam 31:5 (NLV)
Toe sy wapendraer sien (KYK) dat Saul dood is, val hy ook in sy swaard en sterf saam met Saul.

2 Kor 4:18a (DB)
Ons staar ons glad nie blind teen alles wat hier met ons gebeur nie. Nee, ons KYK by al ons probleme en teenslae verby. Ons oog is net op God se wêreld ingestel …

Miga 7:7 (NLV)
Ek, daarenteen, sien (KYK) met verwagting uit na wat die Here gaan doen. Ek wag in vertroue dat God my moet red. My God sal my verseker verhoor!