Geloof en werk, lewe in ongelowige wereld
27 Maart 2022
2 Kor 5:9
Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees.
2 Kor 6:14 (NLV)
Moenie saamspan met ongelowiges nie, want watter vennootskap kan daar wees tussen reg en onreg? Of watter gemeenskap kan daar wees tussen lig en duisternis?
2 Tim 3:2-5 (NLV)
Want mense sal net hulleself en hulle geld liefhê. Hulle sal grootpraterig en arrogant wees, met God spot, ongehoorsaam aan hulle ouers en ondankbaar wees. Hulle sal niks as heilig beskou nie. Hulle sal liefdeloos en onvergewensgesind wees; hulle sal ander mense belaster en geen selfbeheersing hê nie; hulle sal wreed wees en geen belangstelling hê in wat goed is nie. Hulle sal hulle vriende verraai, roekeloos wees, hooghartig, en hulle sal plesier liewer hê as vir God. Hulle sal optree asof hulle godsdienstig is, maar dit ontken wat aan die Christelike godsdiens sy krag gee. Jy moet wegbly van sulke mense af.
2 Kor 5:20 (NLV)
Ons tree op as ambassadeurs vir Christus terwyl God deur ons ’n appèl aan julle rig. Ons smeek julle ter wille van Christus: Kom tot versoening met God!
2 Kor 4:3-4
Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
Wêreld (Kosmos) Thayer Gr
1) The ungodly multitude; the whole mass of men alienated from God, and therefore hostile to the cause of Christ.
2) World affairs, the aggregate of things earthly; the whole circle of earthly goods, endowments riches, advantages, pleasures, etc, which although hollow and frail and fleeting, stir desire, seduce from God and are obstacles to the cause of Christ.
2 Kor 3:2-3
Julle is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense;
omdat julle duidelik ‘n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart.
2 Kor 6:4-5 (NLV)
In elke opsig laat ons ons ken as diensknegte van God deur aanhoudend te volhard: in swaarkry, in nood, in benoudheid.Onder katshoue, in tronke, in oproere, in uitputtende arbeid, in slapelose nagte, in hongersnood.
2 Kor 6:6 (NLV)
Het ons opgetree met integriteit, met begrip, met verdraagsaamheid en vriendelikheid, deur betoning van die teenwoordigheid van die Heilige Gees, deur opregte liefde.
2 Kor 4:16 (DB)
Ons gee nooit moed op nie, ook nie wanneer ons rondgestamp en mishandel word nie. Nee, dan byt ons eers vas, want God is die hele tyd by ons. Hy maak ons elke dag van binne af nuut.
Kol 3:23 (NLV)
Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie.
Kol 3:22 (NLV)
Slawe, julle moet julle eienaars hier op aarde in elke opsig gehoorsaam. Julle moenie mense probeer tevrede stel deur net te werk as iemand kyk nie. Nee, werk met opregtheid van hart omdat julle eerbied vir die Here het.
Spr 21:5 (NLV)
Getroue werk lewer wins op. Afskeepwerk lei tot gebrek.
Kol 3:24-25 (NLV)
Weet dat die Here julle met ’n erfdeel sal beloon. Die Eienaar vir wie julle werk, is Christus! Wie onreg doen, kry hulle onreg terug. God trek niemand voor nie.
Matt 25:21
En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.
Ope 12:11
En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.