2 Kor 4:8-9
Op elke manier word ons onder DRUK geplaas, maar ons is nie verpletter nie; ons is VERWARD, maar nie wanhopig nie; ons word VERVOLG, maar nie in die steek gelaat nie; PLATGESLAAN, maar nie vernietig nie.
2 Kor 10:4
Want die WAPENS van ons stryd is nie VLEESLIK nie, maar KRAGTIG deur God om vestings neer te werp …
2 Kor 10:5
… en elke SKANS wat opgewerp word teen die KENNIS van God, en elke gedagte gevange neem tot die GEHOORSAAMHEID aan Christus.
1 Kor 1:25
Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter WYSHEID as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter KRAG as die krag van mense.
2 Kor 3:5
Nie dat ons uit ons self bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons BEKWAAMHEID is uit God …
2 Kor 3:6
… wat ons ook bekwaam gemaak het as DIENAARS van ‘n nuwe testament (Nuwe Verbond), nie van die letter nie, maar van die GEES; want die letter (Wet) maak dood, maar die gees maak lewend.
1 Kor 2:12
… Die GEES wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit GENADE geskenk het.
2 Kor 1:20
Want hoeveel BELOFTES van God daar ook mag wees, in Hom is hulle JA en in Hom AMEN, tot heerlikheid van God deur ons.
2 Kor 8:9
Want julle ken die GENADE van onse Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word.