Jer 31:3,4 Ek het jou lief met ’n liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue
liefde na My toe. Ek sal jou weer herbou … Jy sal weer … dans en vrolik
wees.
Jer 31:8 … Ek sal hulle uit die uithoeke van die aarde bymekaarmaak…. ’n
Groot getal mense sal hierheen terugkeer!
Jer 31:9,12 … terwyl Ek hulle teruglei. Ek sal hulle langs strome lei. Hulle sal
terugkom en … Hulle lewens sal wees soos ’n tuin met volop water. Hulle sal
nie meer rede hê om hartseer te wees nie.
Joh 7:37,38 Op die laaste dag … het Jesus … uitgeroep: “As jy dors is, kom
dan na My toe en drink. Die een wat in My glo – soos die Skrif sê: ‘Riviere
lewende water sal uit sy binneste vloei.’
Joh 19:34 Een van die soldate het egter sy spies in Jesus se sy gesteek en
daar het dadelik bloed en water uitgevloei.
Eks 17:6 Slaan met jou stok op die rots by Horeb … Daar sal water uit die rots
kom dat die volk kan drink.” Moses het toe presies net so gemaak …
Num 20:8 “Gaan vat die stok voor die altaar. Terwyl hulle kyk, moet jy die rots
beveel om water te gee. Daar sal genoeg water uit die rots kom sodat die
mense … versadig kan drink.”
Heb 4:14 Ons het dan nou ’n groot Hoofpriester … Jesus die Seun van God.
Laat ons voortdurend aan ons geloofsbelydenis aangaande hierdie Jesus
vashou.
Rom 10:10 Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreek (Bloed) en as
ons met ons mond bely (Water), word ons verlos (Versadig).