Loof die Here, want die Here is goed

Loof die Here, want die Here is goed

Dec 12, 2021
Topic: blydskap
Book: Joel

Speaker: Renaldo Barnard

Ps 135:3 Loof die Here, want die Here is goed …

Joel 1:16 (NLV) Blydskap en vreugde het uit die huis van ons God verdwyn

Pred 2:1 Ek het by myself gedink: laat ek my oorgee aan plesier, laat ek die lewe geniet! Maar ook dit het niks opgelewer nie. 

Pred 2:10 En alles wat my oë begeer het, het ek hulle nie ontsê nie…

Pred 1:8 (NLV) Al die dinge maak ’n mens moeg … die oog word nie versadig van wat hy sien nie …

Pred 2:11 … ek gekyk na al my werke … al die moeitevolle arbeid wat ek verrig het — en kyk, dit was alles tevergeefs en ‘n gejaag na wind …

Pred 5:1

As die goed baie word, word die eters baie; watter voordeel het die besitter dan daarvan, behalwe dat sy oë dit aanskou? 

Pred 2:25

Want wie kan eet en wie kan geniet sonder Hom

Pred 2:26

Want aan ‘n mens wat welgevallig is voor sy aangesig, gee Hy … vreugde

Pred 2:26b

… maar aan die sondaar lê Hy die taak op om bymekaar te maak … om dit dan te gee aan een wat welgevallig is voor die aangesig van God.

Rom 12:2

… word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef (ervaar) wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is

Neh 8:11

… Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die Here — dit is julle beskutting

Pred 3:12 … So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees …