Kernteks: Gen 22:12 … nou WEET Ek … jou seun, jou enigste, van My nie TERUGGEHOU het nie.
I Joh 3:16 Hieraan het ons die LIEFDE leer KEN, dat Hy sy LEWE vir ons afgelê het … (Joh 3:16)
I Joh 4:10 HIERIN is die liefde: nie dat ONS God LIEFGEHAD het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun … versoening.
I Joh 4:16 En ons het die liefde wat God TOT ONS het leer KEN en GEGLO. God is liefde …
I Joh 4:19 Ons het Hom LIEF, omdat Hy ons EERSTE liefgehad het.
Joh 13:23 En EEN van sy DISSIPELS, hy vir WIE Jesus liefgehad het …
Joh 19:26 En toe Jesus sy moeder sien en die dissipel wat Hy LIEFGEHAD het …
Joh 20:2 Sy hardloop toe en kom by Simon Petrus en by die ander DISSIPEL vir wie Jesus LIEFGEHAD het …
Joh 21:7 Daarop sê die dissipel – die een vir WIE Jesus LIEFGEHAD het – aan Petrus: Dit is die Here …
Joh 21:17 Hy vra hom die DERDE maal: … het jy My lief … bedroef … U weet … Laat my SKAPE wei.
Joh 21:19 … sê Hy vir hom: VOLG My.
Joh 21:20 En Petrus het hom omgedraai en die DISSIPEL sien volg vir wie Jesus LIEFGEHAD het … maaltyd op sy bors geval …
Joh 21:21 Toe Petrus hom sien, VRA hy vir Jesus: Here, maar WAT van hom?
Joh 21:22 … wat gaan dit jou aan? VOLG jy My.
Mattheus – sewekeer: liefde
Markus – tweekeer: liefde
Lukas – vierkeer: liefde
Johannes – drie en veertig keer: liefde
I Johannes – ses en twintig keer: liefde
Open 1:5 … aan Hom wat ons LIEFGEHAD het en ons van ons sondes GEWAS het in sy bloed.
0 Comments