1 Joh 5:4 “Want alles wat uit God gebore is, OORWIN (oorkom) die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons GELOOF … hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?”
1 Joh 5:18 “… Maar hy wat uit God gebore is, BEWAAR homself, en die Bose het geen vat op hom nie.”
Mark 10:37 “… Gee aan ons dat ons mag sit in u HEERLIKHEID, een aan u regter– en een aan u linkerhand.”
Mark 10:40 “Maar om te sit aan my regter- en aan my linkerhand, berus nie by My om te gee nie, maar dit is vir hulle vir wie dit BEREI is.”
Wie is hulle? Mark 10:42 “… Die wat GEREKEN word as…groot manne (Wereld).”
Mark 10:43 “Maar so moet dit onder julle nie wees nie, maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle DIENAAR wees.”
Mark 10:44 “En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet almal se DIENSKNEG wees.”
Mark 10:45″… nie gekom om gedien te word nie, maar om te DIEN en sy LEWE te gee…”
Fil 2:9 “Daarom het God Hom ook uitermate VERHOOG …”
Exo 8:1 “…So spreek die Here : Laat my volk trek, dat hulle My kan DIEN. ”
Luk 16:13 “Geen huiskneg kan twee here dien nie … Julle kan nie GOD én MAMMON dien nie.”
Matt 24:46 “GELUKKIG is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier BESIG sal vind.”
Matt 24:47 “… Hy sal hom AANSTEL oor alles wat hy besit.”