7 Augustus 2022
1 Joh 5:4 “ Want alles wat uit God gebore is, oorwin (oorkom) die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof … hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?”
Rom 5:17″ veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.”
Hoe sal ons oorkom?
- Oorvloed van Genade
- Gawe van Geregtigheid
2 Kor 8:9 “Want julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word. “
Jes 60:2 “Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóú sal die Here opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word. ”
Jes 60:5″… want die rykdom van die see gaan na jou toe oor, die skatte van die nasies kom na jou toe aan.”
Rom 4:12″… maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham”
Gen 13:2″… En Abram was baie ryk aan vee, aan silwer en goud. ”
Pred 2:26 “Want aan ‘n mens wat welgevallig (regverdig) is voor sy aangesig, gee Hy wysheid en kennis”
Pred 2:26b “… maar aan die sondaar lê Hy die taak op om bymekaar te maak en te versamel, om dit dan te gee aan een wat welgevallig (regverdig) is voor die aangesig van God.”
Spr 34:9 “… Vereer die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste.”
Spr 3:10 “… dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos”