Op ‘n afstand

Op 'n afstand

Dec 20, 2021
Book: Ephesians

Speaker: Gerhard Dalton

Luk 17:12  Net toe Hy ‘n sekere dorpie wou binnegaan, kom tien melaatse mans Hom tegemoet, maar hulle bly op ‘n afstand staan.

Luk 17:13  En roep hard: “Jesus, Here, ontferm U oor ons!” (53)…Wees ons barmhartig.

Luk 17:14  Toe Hy hulle sien, sê Hy: “Gaan wys julle vir die priesters.” Op pad daarheen het hulle gesond geword. 

Luk 17:15-16 Een van hulle het, toe hy sien dat hy genees is, omgedraai en God hardop geprys. Hy … voor die voete van Jesus neergeval en Hom gedank. Hierdie man was ‘n Samaritaan. 

Jak 4:8a (NLV) Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom …

1 Thes 5:18 Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

Luk 17:17-18  Toe sê Jesus: “Was daar nie tien wat gesond gemaak is nie? Waar is die ander nege dan? Is daar niemand anders wat omgedraai het om God die eer te gee behalwe hierdie man wat nie eers ‘n Jood is nie?”

Luk 17:19  En vir hom sê Hy: “Staan op en gaan huis toe. Jou geloof (pistis Strongs – 4102) het jou gered (sozo – Stongs 4982)

Ef 2:13 (NLV)  Maar nou het julle wat toe ver weg was, deur julle verhouding met Christus naby gekom. Dit is moontlik gemaak deur Christus se dood aan die kruis.