...

Op ‘n afstand

December 26, 2021

Series: Op 'n afstand

Book: Luke, Matthew

Luk 18:9 (NLV)  Toe het Jesus hierdie gelykenis vertel met die oog op sommige mense wat oortuig is dat hulle saak voor God reg is, maar die ander mense verag het.

Luk 18:10 (NLV)  Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was ’n Fariseër en die ander ’n tollenaar. 

Luk 18:11 (NLV)  Die Fariseër het gaan staan en by homself gebid: O God, ek is dankbaar teenoor U dat ek nie soos die ander mense is nie – diewe, onregverdiges, ontugtiges of ook soos hierdie tollenaar. 

Luk 18:12 (NLV)  Ek vas twee keer gedurende die week, en ek gee ’n tiende van alles wat ek verdien!

Luk 18:13 (NLV)  Die tollenaar het op ’n afstand bly staan en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het vol skuldbesef op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wees my, sondaar, genadig!’

Luk 18:14 (NLV)  “Ek sê vir julle: Hierdie man, eerder as die eerste een, gaan huis toe as iemand wie se saak met God reg is. Elkeen wat homself verhef bo ander, sal verneder word, maar hy wat homself nederig ag, sal verhoog word.”

Jak 4:8a (NLV)  Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom …

Luk 18:9 (NLV)  Toe het Jesus hierdie gelykenis vertel met die oog op sommige mense wat oortuig is dat hulle saak voor God reg is, maar die ander mense verag het.

Luk 18:10 (NLV) Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was ’n Fariseër en die ander ’n tollenaar. 

Matt 7:5 (NLV)  Jou skynheilige, haal eers die stomp uit jou eie oog uit. Dan sal jy ook duidelik kan sien om die splinter uit jou medemens se oog te haal.

Luk 5:32 (NLV)  Ek het gekom om sondaars te roep om tot inkeer te kom, nie om my tyd te verwyl met hulle wat dink dat hulle reeds goed genoeg is nie.

Mar 7:8 (NLV)  Julle ignoreer God se opdrag en hou ten koste daarvan aan menslike tradisies vas.

Luk 18:1(NLV) Die Fariseër het gaan staan en by homself gebid: O God, ek is dankbaar teenoor U dat ek nie soos die ander mense is nie – diewe, onregverdiges, ontugtiges of ook soos hierdie tollenaar. 

Mark 7:21-22 (NLV)  Want uit jou binneste, uit jou hart, kom slegte gedagtes, soos onsedelikheid, diefstal, moord, huweliksontrou, gierigheid, slegte bedoelings, skelmstreke, ongedissiplineerdheid, jaloesie, vloekery, hoogmoed en dwaasheid. 

Mark 7:6 (NLV) … “Julle skynheiliges! Die profeet Jesaja … raak gestel toe hy van julle geskryf het: Hierdie volk eer My met hulle lippe, maar hulle hart is ver van My af.

Luk 3:8a  Dra dan vrugte wat by die bekering pas …

Luk 18:13 (NLV)  Die tollenaar het op ’n afstand bly staan en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het vol skuldbesef op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wees my, sondaar, genadig!’

Matt 21:31-32 (NLV)  … Die tollenaars en die prostitute sal voor julle in God se koninkryk ingaan. Want Johannes … vir julle die regte pad aangewys, maar julle het sy prediking nie aanvaar nie. Die tollenaars en die prostitute het dit egter aanvaar. En selfs toe julle dit sien, het julle nie agterna berou gekry en Johannes geglo nie.

Luk 18:14 (NLV)  “Ek sê vir julle: Hierdie man, eerder as die eerste een, gaan huis toe as iemand wie se saak met God reg is. Elkeen wat homself verhef bo ander, sal verneder word, maar hy wat homself nederig ag, sal verhoog word.”

Jak 4:8 (NLV)  Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom. Was julle hande van die sonde wat daaraan kleef, julle sondaars, maak julle harte skoon, julle tweegesigte wat nie kan besluit aan wie julle getrou wil wees nie.

Seraphinite AcceleratorOptimized by Seraphinite Accelerator
Turns on site high speed to be attractive for people and search engines.