Joël 2:16 Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suiglinge! Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek.
Matt 9:36 En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie.
Matt 9:37 Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min.
Joël 3:13 Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom …
Matt 10:1 EN Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.
Joël 3:9-11 Roep dit uit onder die nasies, heilig ‘n oorlog! Wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk! … laat die swakke sê: Ek is ‘n held. Haas julle en kom aan … en versamel julle …
Joël 2:28 En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees …
Hand 1:15 EN in dié dae het Petrus in die midde van die dissipels opgestaan – die … daar bymekaar was omtrent honderd-en-twintig – en gesê:
Hand 2:41 Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drieduisend siele toegebring.
Hand 2:47 … En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.
Hand 4:4 En baie van die wat die woord gehoor het, het geglo; en die getal van die manne het omtrent vyfduisend geword.
Hand 5:28 … En nou lê die hele Jerusalem vol van julle leer (getuie) oor Jesus!
Hand 6:7 En die woord van God het toegeneem, en die getal van die dissipels het in Jerusalem baie vermeerder …
Hand 21:20 … En toe hulle dit hoor, het hulle die Here verheerlik en … gesê: … sien … hoeveel (tien) duisende … daar is wat gelowig geword het …
Hand 5:42 … En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis … die evangelie te verkondig …
#ProjectGather
Joël 3:17… dan sal Jerusalem ‘n heiligdom wees waar geen vreemdes meer deur sal trek nie.
Joël 3:18 … uit die huis van die Here sal daar ‘n fontein uitkom om die dal Sittim te besproei.
0 Comments