Believe Jesus, Speak Jesus, Live Jesus

Vuisvoos en passieloos – Gerhard Dalton

Vuisvoos en passieloos – 27 September                 Gerhard Dalton

Eseg 7:5 (DB) … “Jy sal met een hou na die ander getref word tot jy vuisvoos is. 

Wat is dit wat ons passie so maklik kan steel en voel of ons vuisvoos geslaan word in die bokskryt van die lewe?

  1. As jy probeer jou geestelike stryd op jou eie veg (Isolasie)
  2. Verkeerde siening van God 
  3. “Lack of commitment”
  4. Doelbewuste sonde (Ongehoorsaamheid aan God)

Rig 13:5 (NLV) Jy gaan binnekort geboorte gee aan ’n seun. Jou seun se hare mag nooit geskeer word nie. Hy sal van geboorte af ’n nasireër van God wees. Hy sal die Israeliete uit die hand van die Filistyne bevry.”

Rig 16:20 (NLV) …  “Ek sal weer uit die ding kom soos al die vorige kere.” Maar hy het nie geweet dat die Here hom verlaat het nie. 

Rig 16:21 (NLV) Die Filistyne het hom vasgebind. Hulle het sy oë uitgesteek. Hulle het hom na Gasa toe gevat en hom met twee koperkettings vasgemaak. In die tronk moes hy meel maal. 

Rig 16:22 (NLV) Maar daar het sy afgeskeerde hare weer begin groei.    

Rig 16:28 (NLV) Simson bid toe tot die Here: “Oppermagtige Here, dink tog aan my! God, maak my tog net hierdie een keer so sterk dat ek my op die Filistyne kan wreek vir my oë!”

Spr 24:16 (NLV) Selfs al val ’n regverdige mens sewe keer, hy sal elke keer weer opstaan. Die goddelose mens sal bly lê na net een ramp.

Rig 16:30 (NLV) Toe bid hy: “Laat my saam met die Filistyne sterf!” Hy het met al sy krag teen die pilare gedruk en die tempel het inmekaargestort … Met sy dood het Simson baie meer mense doodgemaak as deur sy hele lewe.

Heb 12:12 (DB) Julle moet nie soos ’n klomp geestelike swakkelinge leef nie. Wees entoesiasties oor wat julle as Christene doen.

Heb 12:13 (DB) Loop julle lewenspad met soveel oortuiging dat die mense wat agter julle aankom en maar ’n bietjie sukkel, hulle gesukkel sal afgooi en met net soveel oortuiging as julle hulle lewenspad verder sal loop.

Wat kan ek doen om my passie terug te kry vir God?

  1. Maak n besluit om jou passie terug te kry vir God.
  2. Erken dat jou passie nie is waar dit moet wees.
  3. Neem aksie. Hernu jou toegewydheid aan God.

Rom 12:11 (NLV) Moenie sleepvoet (vuisvoos) wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties (passie); wees werklik diensbaar vir die Here.

 

0 Comments

Add a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.