Matt 26:41 WAAK EN BID, dat julle nie in VERSOEKING kom nie. Die gees is wel GEWILLIG, maar die vlees is SWAK.
Luk 21:36 Waak dan en bid ALTYDDEUR, sodat julle WAARDIG geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ONTVLUG en voor die Seun van die mens te staan.
Jes 60:2
Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; MAAR OOR JOU sal die Here opgaan, en sy HEERLIKHEID sal oor jou gesien word.
Luk 21:28
En as hierdie dinge begin gebeur, KYK DAN NA BO en hef julle hoofde op, omdat julle VERLOSSING NABY is.
Rom 10:8
Maar wat sê dit? Naby jou is die WOORD, IN JOU MOND (GEBED), en IN JOU HART. Dit is die woord van die geloof …
Luk 21:34
Maar PAS OP VIR JULLESELF, dat julle harte nie miskien BESWAAR WORD deur … sorge van die lewe nie …
Luk 21:35
Want soos ‘n STRIK sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon.
Matt 24:12
En omdat die ONGEREGTIGHEID VERMEEDER word, sal die liefde van die meeste VERKOEL.
Luk 21:34 (83)
Wees op julle hoede dat julle gees nie … AFGESTOMP word nie en dat daardie dag julle nie onverhoeds soos ‘n VANGNET oorval nie.
Open 3:2-3
WEES WAKKER en versterk die wat oorbly … BEKEER JOU …
Mark 13:35-37
Waak dan, want JULLE WEET NIE wanneer die eienaar van die huis kom nie … dat hy nie miskien skielik kom en julle AAN DIE SLAAP VIND NIE. En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: WAAK!