Van FEES na VAS - Deel 2:

  1. Van FEES na VAS – Deel 2:

     

    “Ons voed ons Gees en verhonger ons Vlees deur gewoontes te beoefen wat deur Jesus neergelê is. Soos ons dit oor tyd doen, ontwikkel ons nie net ons eie wilskragspiere nie, maar nog belangriker, ons maak ons ​​gedagtes en liggame oop vir ‘n krag wat buite ons is – dié van God se Gees.”

    – John Mark Comer

     

    Konneksiegroep:

    • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
    • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
    • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal gebruik.

     

    WELKOM

     

    Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

     

    Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

    a) Hoekom sal ‘n mens VAS?

b) Op watter maniere kan ‘n mens VAS?

 

WOORD

 

Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

Matteus 6:16-18

“En wanneer julle vas, moenie somber lyk soos die skynheiliges nie, want hulle mismaak hulle gesigte sodat hulle vas deur die mense gesien kan word. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon ontvang. Maar wanneer julle vas, salf julle hoof en was julle gesig, sodat julle vas nie deur die mense gesien kan word nie, maar net deur julle Vader wat in die verborgene is. En julle Vader wat in die verborgene sien, sal julle beloon.

 

Daniël 10:3

Ek het geen lekkernye geëet nie, geen vleis of wyn het in my mond gekom nie, en ek het myself glad nie gesalf nie, vir die volle drie weke.

 

Handelinge 13:2

Terwyl hulle die Here aanbid en vas, het die Heilige Gees gesê: “Sonder Barnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.”

 

Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

            Hoe kan ons Vas?

 

  • Algehele Vas: Slegs Vloeistowwe word ingeneem (Water, en soms sap of koffie) Geen vaste kosse vir ‘n bepaalde tyd. Vanaf een dag tot 40 dae.

 

  • Daniëlvas: Slegs groente, vrugte en water word ingeneem. Kan ook vir ‘n bepaalde tyd wees. Gewoonlik duur hierdie vas vir 21 dae.

 

  • Gedeeltelike Vas: Onthouding van voedsel van Sonsopkoms tot Sonsondergang. (bv 6:00 vm. Tot 18:00 nm.)

 

  • Drie-Dae Vas: Algehele Vas vir drie dae, slegs water. Hierdie vas word gedoen om ‘n duidelike rigting te kry waarheen om te beweeg.

 

Wat om te verwag wanneer ons Vas?

 

  • Fisiese Simptome: Hongerpyne, hoofpyne en soms duiseligheid (As gevolg van Suiker en Kafeïenonttrekking)

 

  • Verhoogde Geestelike Helderheid: Alhoewel die liggaam moegheid en ontrekking ervaar, is die Geestelike ervaring die teenoorgestelde.

 

  • Verhoogde Sensitiwiteit vir die Heilige Gee: Nuwe deurbrake in gebed ontstaan. Passie word weer aangewakker.

 

Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:

  • Watter manier van VAS werk vir jou die beste?
  • Wat verwag jy wanneer jy VAS?

 

WORSHIP

 

                Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was. 

 

WERKE en vrae:

 

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

 

  1. Vra die Here om vir jou te wys waarvoor of vir wie jy hierdie week moet VAS.
  2. Kyk na die week wat voorlê. Hoe kan jy VAS in jou week inbring en hoe kan jy meer tyd in die week maak om met God kontak te maak?

a) Hoekom sal ‘n mens VAS? 

b) Op watter maniere kan ‘n mens VAS?