Van FEES na VAS – Deel 3:
“Ons voed ons Gees en verhonger ons Vlees deur gewoontes te beoefen wat deur Jesus neergelê is. Soos ons dit oor tyd doen, ontwikkel ons nie net ons eie wilskragspiere nie, maar nog belangriker, ons maak ons gedagtes en liggame oop vir ‘n krag wat buite ons is – dié van God se Gees.”
– John Mark Comer
Konneksiegroep:
WELKOM
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
a) Vertel van ‘n keer toe jy geVAS het. Het daar vir jou uitkoms gekom?
b) Wat gebeur met jou Liggaam, Siel en Gees wanneer jy VAS?
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
WOORD
Gebed:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
Lees:
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Joël 2:12
“Maar selfs nou,” spreek die Here, “bekeer julle tot My met julle hele hart, met vas, met geween en met rouklag;
Jesaja 58:6
“Is dít nie die vas wat Ek verkies nie: om die bande van goddeloosheid los te maak, om die stroppe van die juk af te haal, om die verdruktes vry te laat gaan en elke juk te breek?
Psalm 69:10
Toe ek geween en my siel deur vas verootmoedig het, het dit my smaad geword.
Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:
Geestelike Beginsels van VAS:
Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
WORSHIP
Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was.
WERKE en vrae:
Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:
Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.
a) Vertel van ‘n keer toe jy geVAS het. Het daar vir jou uitkoms gekom? b) Wat gebeur met jou Liggaam, Siel en Gees wanneer jy VAS?