Week 5: 05-11 Julie 2020

Vernuwe en Wees Gesond in jou Verhoudings 

 

“Transformation is more than just putting information in your head. It’s about living out what God is working in you.”         Rick Warren

 

Just Be-“We are human beings, not human doings, and we’re at our best when we’re becoming” Mike Moore

 

Verhoudings is baie belangrik. God is ‘n Verhouding God. Hy wil met ons in verhouding wees. Toe God vir Adam geskape het, het Hy egter gesien die mens is alleen en Hy het vir die mens ‘n maat gestuur, iemand na sy soort. God wil ook hê dat ons in gesonde verhoudings met die mense om ons moet lewe. Vandag wil ons verder gesels oor  hoe ons kan vernuwe en hoe ons gesond in ons verhoudings kan WEES. 

 

Psalm 46:11 –Wees stil en weet Ek is God”.

Romans 12:2 –“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te Vernuwe”.

Gebed:

Open met gebed. 

 

Lees:

Spreuke 27:8-11 “Soos ’n voëltjie van sy nes verjaag word en verlore rondvlieg, so is ’n mens wat sy familie en vriende verlaat en eensaam rondswerf. Mooi dinge maak ons bly. Maar ’n goeie vriendskap gee ons moed vir die lewe. Vriendskappe is kosbaar. Moenie jou vriend of jou pa se vriendekring sommer verlaat nie. As jy probleme het, soek hulp by jou buurman. ’n Buurman wat naby is, is beter as ’n broer wat ver woon.”

 

Gesels:

Gesels oor die volgende teksverse:

  1. Spr. 27:17 Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander. 
  2. Spr. 13:20 Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg. 
  3. Spr. 12:26 Gelowiges laat vriende vir hulle wys wat om te doen …
  4. Gal. 6:2 Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus …
  5. Heb. 10:24 en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor;
  6. 1Tes. 5:11 Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
  7. Fil. 2:4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.
  8. Spr. 17:17 Die vriend het altyd lief …

Vra:

  1. Vertel van ‘n vriendskap wat nie uitgewerk het nie en hoekom?
  2. Wat kan ons prakties hierdie week doen om ons verhouding met die mense om ons te verbeter?
  3. Met wie moet jy hierdie week gesels oor ‘n ongesonde verhouding? 

Gebed:

Bid vir mekaar en vir gebedsversoeke