Week 2: 9-15 Aug 2020

 

Versamel-Deel 2

 

Welkom:

Glo almal het lekker koffie gedrink en gesels 

-Verwelkom almal

-Gebruik ‘n toepaslike Ysbreker

 

Woord:

1. Gebed:

Open met gebed. 

2. Lees:

Joël 2:16 “Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suigelinge! Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek.”

3. Gesels: Voor ons God se volk kan versamel moet ons eers weet wie ons is-Bely die volgende saam:

Geheilig: -Kom ons bely saam: “Ek is Geheilig!”

Heilig beteken om eenkant gesit te word vir ‘n spesifieke doel of fokus

Heilig beteken om op God se doel vir my lewe te fokus

– Wat is die doel/taak/fokus van: Die Oudstes-Die Kinders-Die Suigelinge?

Getuienis: -Kom ons bely saam: “Ek het ‘n Getuienis!”

Jou getuienis is God se storie van voorsiening in jou lewe

– Hoekom deel ons hierdie storie met ander mense? Hoe kan jy God se storie van voorsiening deel met ander?

Goeie Herder: -Kom ons bely saam: “Ek is ‘n Herder!”

Jesus is die Goeie Herder

Joh 10:10-12 Jesus is die Goeie Herder-Hy wil ook hê ons moet ons taak as Herder opneem en Sy skape bymekaar maak/Versamel. Waar kan ek my taak as Herder vervul?

Erfdeel: -Kom ons bely saam: “Ek is Sy Erfdeel!” en die mense om my is ook sy erfdeel

In Joël 3:1-2 praat hy van God se erfdeel

-Wie en wat is God se erfdeel?

Held: -Kom ons bely saam: “Ek is Held!”

Joël 3:9-11 – God sê jy is ‘n held en jy kan dit uitroep

Worship-Aanbidding:

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die Aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

Het jy ‘n getuienis van God se goedheid in hierdie tyd en kan jy dit met iemand in hierdie week deel?