Versamel
Welkom:
Nadat almal lekker koffie gedrink en gesels het;
-Verwelkom almal
-Gebruik ‘n toepaslike Ysbreker
Woord:
1.Gebed:
Open met gebed.
2. Lees:
Joël 2:16 “Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suiglinge! Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek.”
3. Gesels:
Versamel
-Wie moet versamel word volgens Joël 2:16?
-Hoe kan ons die volk en gemeente versamel?
Heilig
-Wat beteken dit om die gemeente te heilig?
-Hoe kan ons onsself heilig?
Uitgaan
-Hoekom moet die bruid uitgaan?
-Wat moet ons doen as ons uitgaan?
Worship-Aanbidding:
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die Aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Na wie toe gaan jy gaan, of wie gaan jy versamel hierdie week?
© 2023 All Rights Reserved Word and Life Church