Dr. Isak Burger

Welkom

Woord

Tema: “‘n Heilige Onbeskaamdheid”

Luk 11:5-13 (53) 

Die Gelykenis van die onbeskaamde vriend.

v5 EN Hy het vir hulle gesê: Wie van julle sal ‘n vriend hê en sal middernag na hom gaan en vir hom sê: Vriend, leen my drie brode,

v6 want ‘n vriend van my het van ‘n reis by my aangekom, en ek het niks om aan hom voor te sit nie —

v7 en dié van binnekant sal antwoord en sê: Moenie my lastig val nie; die deur is al gesluit, en my kinders is saam met my al in die bed; ek kan nie opstaan om vir jou te gee nie.

v8 Ek sê vir julle, al sou hy ook nie opstaan en vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog ter wille van sy onbeskaamdheid opstaan en hom gee soveel as hy nodig het.

v9 En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.

v10 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.

v11 En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom ‘n klip gee; of ook ‘n vis, en hy sal hom in plaas van ‘n vis ‘n slang gee;

v12 of ook as hy ‘n eier vra, hom ‘n skerpioen gee?

v13 As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

Lees as groep: – Luk 11:5-13 (53) 

Die Gelykenis van die onbeskaamde vriend.

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

OKTOBER – Maand van Gebed.


Maak tyd hierdie week en dink aan die woorde: “Vra en Ontvang”. 

1. Waarvoor moet jy die Vader VRA en Wat moet jy van die Vader af Ontvang?

2. Gesels met die Here oor jou Gebedslewe. Dink aan manier om hierdie maand meer in gebed te spandeer.