OKTOBER – Maand van Gebed
Vra en Ontvang – Deel 3
Dr. Anthony Jacobs
Welkom
- Verwelkom almal
- Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
- Gebed: Open met gebed.
- Lees:
- GENESIS 24
Abraham stuur sy slaaf om vir Isak ‘n vrou te gaan haal.
- GENESIS 24:12 (NLV)
O Here, God van my meester Abraham, het hy gebid. Laat ek suksesvol wees, en bewys U getrouheid aan my meester Abraham.
- GENESIS 24:12 (NLV)
O Here, God van my meester Abraham …
- PSALMS 113:14 (DB)
Daar is niemand wat soveel mag het soos die Here nie. Hy is groter as enigeen in die hemel.
- 1 JOHANNES 4:4 (AFR83)
Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is.
GOD > alles
alles < GOD
- EFÉSIËRS 3:20 (AFR53)
En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk.
- GOD IS ‘N GOD VAN VER MEER!
- GENESIS 24:12 (NLV)
O Here, God van my meester Abraham, het hy gebid. Laat ek suksesvol wees …
- GENESIS 24:12 (ABA)
… U moet asseblief vandag ‘n goeie ding met my laat gebeur …
- JEREMIA 29:11 (NLV)
Ek weet wat Ek vir julle beplan het, sê die Here. Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.
- NUMERI 6:23-27 (AFR83)
²³ Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën:
²⁴ Die Here sal julle seën en julle beskerm;
²⁵ die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees;
²⁶ die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!
²⁷ So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën.
- PSALMS 23:6 (AFR53)
Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.
- GENESIS 24:12 (NLV)
O Here, God van my meester Abraham,” het hy gebid. Laat ek suksesvol wees, en bewys U getrouheid aan my meester Abraham.
- GENESIS 24:12 (ABA)
… en U moet goed wees vir my eienaar Abraham.”
- SPREUKE 11:25 (NLV)
Mense wat ’n ander iets gun, het self altyd oorvloed. Hulle wat ander se dors les, is self altyd verkwik.
- 3 BEGINSELS VAN VRA EN ONTVANG UIT GENESIS 24
Erken God as jou bron.
Wees in lyn met God se wil vir jou lewe.
Seën ander.
- MY DAAGLIKSE GEBED:
“Here, my God … maak my vandag suksesvol … en wees goed vir …”
- Kyk: Kyk na die Youtube video deur Dr. Anthony Jacobs
- Gesels in julle Konneksie Groep oor die volgende:
Lees as groep: – Gen 24:12
Abraham se dienskneg soek vir Isak ‘n vrou.
- Gesels oor hierdie gedeelte:
- Hoekom stuur Abraham sy dienskneg om vir Isak ‘n vrou te soek?
- Hoe het die dienskneg gebid?
- Bid vir elke groeplid teenwoordig asook afwesig.
- As Konneksiegroep besluit op ‘n datum of tyd wanneer julle saam kan vas en bid vir mekaar en vir Woord en Lewe Gemeente.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
OKTOBER – Maand van Gebed.
Maak tyd hierdie week en dink aan die woorde: “Vra en Ontvang”.
1. Waarvoor moet jy die Vader VRA en Wat moet jy van die Vader af Ontvang?
2. Gesels met die Here oor jou Gebedslewe. Dink aan manier om hierdie maand meer in gebed te spandeer.