OKTOBER – Maand van Gebed

Vra en Ontvang – Deel 5

Pastoor Renaldo Barnard

Welkom

Woord

Hou aan BID, en julle sal ONTVANG, sodat julle BLYDSKAP volledig kan wees.

… En ‘n deel het in die GOEIE grond geval en VRUG opgelewer: die een honderd-, die ander sestig-, die ander dertigvoudig. Wie ore het om te hoor, laat hom HOOR!

Julle BEGEER en julle het nie, julle pleeg moord Julle VEG en maak OORLOG, en julle het nie, omdat julle nie (REG) bid nie.

… Julle bid en julle ONTVANG nie, omdat julle VERKEERD bid, om dit in julle welluste deur te bring …

… julle wil goed HÊ net om dit self te GENIET.

God het hulle GESEËN deur te sê: “Wees VRUGBAAR en VERMEERDER en vul die aarde.

GESEËND is hulle wat die Here dien, wat WANDEL op sy weë. Jy sal die VRUG van jou arbeid geniet en gelukkig en voorspoedig wees.

Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, SNY Hy af. Elkeen wat egter vrugte oplewer, SNOEI Hy sodat dit nog meer vrugte kan dra.

En … gee hy talente (WAARDE) … aan elkeen na sy VERMOË.

En die een … het daarmee gaan WERK en vyf ander talente GEWIN.

En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue DIENSKNEG, oor weinig was jy GETROU, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in die VREUGDE van jou heer.

HOU AAN BID (werk), en julle sal ONTVANG, sodat julle blydskap volledig kan wees.

Joh 16:24 (NLV)

Hou aan BID, en julle sal ONTVANG, sodat julle BLYDSKAP volledig kan wees.

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae:

OKTOBER – Maand van Gebed.


Maak tyd hierdie week en dink aan die woorde: “Vra en Ontvang”. 

1. Waarvoor moet jy die Vader VRA en Wat moet jy van die Vader af Ontvang?

2. Gesels met die Here oor jou Gebedslewe. Dink aan manier om hierdie maand meer in gebed te spandeer.