Vra en Ontvang – Deel 1
Pastoor Renaldo Barnard
Welkom
Woord
Tot nou toe het julle niks in my NAAM gevra nie. BID (vra) en julle sal ONTVANG, sodat julle BLYDSKAP volkome kan wees.
Ek het U Naam GEOPENBAAR aan die mense … hulle het U woord BEWAAR. Nou weet hulle … wat U My GEGEE het …
En ‘n … deel het in die GOEIE grond geval en VRUG opgelewer: die een honderd-, die ander sestig-, die ander dertigvoudig. Wie ore het om te hoor, laat hom HOOR!
Want hy wat het, aan hom sal GEGEE word, en hy sal OORVLOED hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal WEGGENEEM word ook wat hy het.
En die VERSOEKER het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word. Maar Hy antwoord en sê: Daar is GESKRYWE …
HIERDIE dinge het Ek vir julle gesê, sodat julle nie mag STRUIKEL nie.
Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die WAARHEID, sal Hy julle in die HELE waarheid lei; want Hy sal … die TOEKOMSTIGE dinge aan julle verkondig.
Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My VREDE kan hê. In die wêreld sal julle VERDRUKKING hê; maar hou goeie MOED, Ek het die wêreld OORWIN.
… HOU AAN bid, en julle sal ONTVANG, sodat julle blydskap VOLLEDIG kan wees.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
OKTOBER – Maand van Gebed.
Maak tyd hierdie week en dink aan die woorde: “Vra en Ontvang”.
1. Waarvoor moet jy die Vader VRA en Wat moet jy van die Vader af Ontvang?
2. Gesels met die Here oor jou Gebedslewe. Dink aan manier om hierdie maand meer in gebed te spandeer.