“Gaan deur, gaan deur die poorte (BEPERKINGS); berei die weg van die volk; gooi op, gooi die grootpad op; haal die klippe uit; LIG ‘n STANDAARD vir die mense op.” Jes 62:10 (CAB23)
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Deel ‘n STORIE uit jou eie lewe: Gesels oor ‘n moeilike tydperk in jou lewe en hoe jy hierdie TYDPERK hanteer het.
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKS VIR VANDAG:
“HELP die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid. Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.” Rom 12:13-14 (Week 6)
Woorde het baie krag. Woorde kan seermaak of woorde kan genees. God het vir ons die vermoeë gegee om te kan dink. Ons moet dink voor ons praat, ons moet dink oor die Woorde wat ons wil gebruik wanneer ons met iemand praat. Woorde van Seën kom gewoonlik maklik wanneer iemand vir ons mooi, opbouende woorde gee. Maar wat doen ons wanneer iemand vir ons afbrekende woorde gee? In Rom 12:14 sê die Bybel dat ons woorde van Seën moet spreek, selfs wanneer iemand ons Vervloek. Tydens so ‘n situasie kan ons dalk onsself regverdig en ook Veroordelende woorde vir die persoon wat ons vervloek terug gee, maar Rom 12:14 vra vir ons om te Dink in hierdie situasie en ons antwoord vir so persoon in ‘n Seën te verander.
Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
ONBEPERK 24 – Ware Liefde.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.
Gebruik die woorde: “WARE LIEFDE” as jou vertrek punt.