Ware Liefde – Deel 7

 

“Gaan deur, gaan deur die poorte (BEPERKINGS); berei die weg van die volk; gooi op, gooi die grootpad op; haal die klippe uit; LIG ‘n STANDAARD vir die mense op.” Jes 62:10 (CAB23)

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal
  • Kyk: Kyk weer na die preek: “Ware Liefde” DEEL 7, deur Pastoor Renaldo Barnard op Woord en Lewe se Youtube bladsy.

 

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

  1. Ysbreker: Deel ‘n STORIE uit jou eie lewe: Kies EEN van hierdie twee opsies:

a). Gesels oor iets HARTSEERS wat in julle familie gebeur het en hoe dit elkeen laat voel het.

  1. b) Gesels oor ‘n gebeurtenis wat julle as familie saam laat LAG het, hoe het julle gevoel na die saam LAG.

 

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

  1. Lees: 
  1. a) … Verafsku (HAAT) wat sleg is en hou VAS aan wat goed is. Rom 12:9 (Week 1)
  2. b) Julle moet waarlik LIEF wees vir mekaar … Julle BEHOORT aan Christus en aan mekaar (VERBOND) – Rom 12:9-10 (ABA) (Week 2)
  3. c) … Julle moet EERSTE wees om ANDER mense te RESPEKTEER. – Rom 12:10 (ABA) (Week 3)
  4. d) Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties… Rom 12:11 (NLV) (Week 4)
  5. e) Verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking (swaarkry); volhard in die gebed. Rom 12:12 (53) (Week 5)
  6. f) “HELP die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid. Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.” Rom 12:13-14 (Week 6)

 

KERNTEKS VIR VANDAG:

LAG en vier fees SAAM met elkeen wat bly is. HUIL SAAM met elkeen wat hartseer is. Rom 12:15  (Week 7)

 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Twee weke gelede het ons oor vreugde tydens swaarkry gesels. Dit is in ‘n familie waar die grootste hartseer ervaar word. Veral wanneer daar tye van groot swaarkry oor die familie kom. Verlede week het ons gesels oor hoe ons moet optree wanneer iemand ons vervloek, beledig of sleg praat van ons. Dit is ook in die familie waar ons toevlug kan vind na so ‘n situasie. Dit is in die beskermende familie waar elke familielid veilig voel om te huil. Dit is ook in ‘n familie waar die lede van die familie met vrymoedigheid saam kan huil. Hierdie saam huil as familie bring groot genesing.

 

Maar die teenoorgestelde gebeur ook in die familie. Wanneer een familielid groot vreugde ervaar is dit hier in die familiekring waar daar saam gelag word. Dit is in hierdie tye van vreugde waar elke familielid kans kry om sy onvoorwaardelike liefde vir elke familielid te bewys. Saam lag as familie bring ook groot genesing

 

Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:

  • Hoekom voel dit so lekker om saam met jou familie te LAG?
  • Hoe kan jy jou familie help om saam te LAG?
  • Waaroor kan julle as familie saam HUIL?

 

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

  • Gesels oor Christus toe Hy oppad Jerusalem toe was op die rug van ‘n donkie. Hy het die stad gesien het Hy het gehuil oor die stad. Christus huil ook oor ons en partykeer vra Hy ons om ook saam met Hom te huil oor die mense rondom ons. Terwyl julle Nagmaal gebruik dink aan die mense wat Jesus so nodig het, maar Hom nie ken nie.

 

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:

 

ONBEPERK 24 – Ware Liefde.


As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

 

Gebruik die woorde: “WARE LIEFDE” as jou vertrek punt.

 

  1. Hoe kan jy hierdie week Ware Liefde uitoefen deur saam met jou Familie te Huil of saam met hulle te Lag?
  2. Vir wie moet jy hierdie week bid?