OORWIN die kwaad deur die GOEIE
“Gaan deur, gaan deur die poorte (BEPERKINGS); berei die weg van die volk; gooi op, gooi die grootpad op; haal die klippe uit; LIG ‘n STANDAARD vir die mense op.” Jes 62:10 (CAB23)
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Deel ‘n STORIE uit jou eie lewe: Kies EEN van hierdie twee opsies:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKS VIR VANDAG:
Rom 12:21 (83) … OORWIN die kwaad deur die GOEIE. (Week 8)
Jy het seker al die spreekwoord gehoor: “Ek vergewe jou, maar ek gaan nooit vergeet wat jy gedoen het nie.” Om iemand wat iets slegs aan jou doen te VERGEWE is nooit ‘n maklike taak nie, jy gaan altyd onthou wat aan jou gedoen is en deur wie. Tog word ons as volgelinge van Jesus uitgenooi om nie net iemand wat iets slegs aan jou doen te VERGEWE nie, maar om die persoon vry te spreek en vry te stel van enige nagevolge.
Net soos VERGEWE en VERGEET mekaar komplimenteer, so word die KWAAD (Die slegte dinge wat aan ons, deur ander gedoen word) deur die GOEIE OORWIN. Daar is geen manier om KWAAD met KWAAD te oorwin nie. Ons sien in die samelewing baie voorbeelde van mense wat hierdie strategie volg en ons sien hoe hierdie mense in pyn en hartseer lewe. Weereens as volgeling van Christus word ons uitgenooi om GOED te doen teenoor die mense wat ons sleg behandel. Hierdie strategie wat Jesus van ons vra om te praktiseer, is nie vir die persoon wat sleg teenoor ons doen se voordeel nie, maar dit is tot ons eie voordeel. Wanneer ek GOED doen aan iemand wat KWAAD aan my doen, bring dit vreugde en vervulling vir my.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
ONBEPERK 24 – Ware Liefde.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.
Gebruik die woorde: “WARE LIEFDE” as jou vertrek punt.
2. Vir wie moet jy hierdie week bid?