Matt 11:28-30 (53)
Kom na My toe, almal wat VERMOEID en belas is, en Ek sal julle RUS gee. Neem my juk op julle en LEER van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is SAG en my las is lig.
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKS VIR VANDAG:
2 Kor 10:4 (NLV)
Die wapens van ons STRYD is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat VESTINGS kan vernietig.
2 Kor 10:5 (NLV)
Ons neem ook elke gedagte GEVANGE om dit aan Christus gehoorsaam te maak.
Joh 16:33 (NLV)
Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en VREDE kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep MOED: Ek het die wêreld reeds oorwin.
“Wat Sou Jesus Gedoen Het?” Al ooit gewonder wat Hy nou in hierdie situasie, of Wêreld gebeurtenis sou doen? Hoe sou Hy nou opgetree het? Wat sou Hy nou gesê het? Ons vind onsself soms op hierdie plek waar ons wonder hoe Jesus sou optree. Dit is egter ‘n baie goeie vertrekpunt wanneer ons dink oor die omstandighede rondom ons. Voor ons optree of besluite neem is dit nodig om eers met hierdie vraag te worstel. Dalk neem ons beter besluite wanneer ons eers oor hierdie vraag dink.
Sit jouself in Jesus se plek elke keer voor jy ‘n besluit neem. Gebruik hierdie raamwerk wanneer jy dink oor jou huidige omstandighede of huidige besluitneming. Jy sal ‘n ander perspektief beleef en dalk sal die besluit wat geneem moet word beter beantwoord word.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
KOM HUISTOE
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.