Matt 11:28-30 (53)
Kom na My toe, almal wat VERMOEID en belas is, en Ek sal julle RUS gee. Neem my juk op julle en LEER van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is SAG en my las is lig.
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Rom 5:3 (NLV)
Dis egter nie al nie – ons JUBEL selfs in ons SWAARKRY, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te VOLHARD.
Rom 5:4 (NLV)
Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van KARAKTER; en betroubaarheid van karakter VERSTERK ons toekomsverwagting.
Niemand van ons hou van Swaarkry nie. Rom 5:3 leer ons om te jubel in Swaarkry. Swaarkry help ons om te volhard en volharding help ons om ‘n sterk karakter te ontwikkel. Swaarkry is nodig vir ons elkeen.
Ons kyk na ‘n klein voëltjie in sy eierdop en sien hoe hy sukkel om uit die dop te breek. Wetenskaplikes beweer dat indien iemand hierdie voëltjie sou help om uit die dop te breek, daar sekere komplikasies plaasvind en dat hierdie voëltjie sal sukkel om te oorleef. Die Swaarkry van uit die dop breek leer die voëltjie hoe om te oorleef.
Swaarkry se einde is nie Swaarkry nie, maar ‘n positiewe toekoms. ‘n Toekoms waar ons sterker is en beter moeilikhede kan hanteer. Swaarkry se einde is nie Swaarkry nie, maar eerder oorwinning en ‘n uitkoms.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.