Matt 11:28-30 (53)
Kom na My toe, almal wat VERMOEID en belas is, en Ek sal julle RUS gee. Neem my juk op julle en LEER van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is SAG en my las is lig.
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Luk 19:41 (NLV)
Toe Hy naderkom en die stad voor Hom SIEN, het Jesus oor die stad begin HUIL.
Luk 19:42 (NLV)
Hy het verder gesê: As jy op hierdie oomblik maar net wou INSIEN watter dinge vir jou VREDE (geluk) bring! Maar nou is dit weggesteek vir jou OË.
Jesus Huil oor Jerusalem. Jesus, alhoewel nou mens was van die begin van die skepping saam met God. Hy was betrokke by die skepping, asook die skepping van die mens. Jesus het op ‘n tyd buite tyd en ruimte geleef en Hy het alles gesien. Alles wat die mens gedoen het, alles wat die mens doen en alles wat die mens nog gaan doen. Hy Huil want Hy sien die verwoesting van Jerusalem. Hy weet dat die Jode se tyd in Jerusalem min is.
Ons Huil ook baie oor ons huidige situasie. In Christus het ons ‘n hoopvolle toekoms. Ons toekom is nie soos die stad Jerusalem se toekoms nie, wat ‘n hartseer toekoms gehad het. Daarom wanneer ons Huil in ons huidige situasie Huil ons nie van hartseer nie, maar Huil ons van blydskap vir dit wat Christus vir, in en deur ons gaan doen.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.