Wat Sou Jesus Doen –  4: 

 

Matt 11:28-30 (53)

Kom na My toe, almal wat VERMOEID en belas is, en Ek sal julle RUS gee. Neem my juk op julle en LEER van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is SAG en my las is lig.

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal gebruik.

 

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor: 

  1. a) Hoekom is dit so moeilik om ons gedagtes te vestig om God se voorsiening vir ons?                                                                                                                                   b) Hoe hanteer jy jou gedagtes?

WOORD:

  • Gebed: 

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)


  • Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG: 

 

Heb 12:2 (53)

Die oog gevestig op JESUS, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat … die KRUIS verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die TROON van God gaan sit het. 

 

Ef 2:6 (NLV)

Omdat ons aan Christus Jesus VERBIND (in verbond) is , het God ons saam met Hom opgewek en saam met Hom ’n SITPLEK in die HEMEL gegee

 

Kol 3:1-2 (NLV)

STREEF na die dinge wat daarbo by Christus is, waar Hy aan die REGTERHAND van God sit. Laat julle gedagtes BEHEER word deur die hemelse dinge, nie deur dinge op die aarde nie. 


  • Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

Gedagtes het groot krag. Ons gedagtes kan ons positief of negatief beïnvloed. God se gedagtes aangaande ons is gedagtes van hoop en ‘n hoopvolle toekoms. God vra dat ons nie sal vasval by gedagtes wat net in die hier en nou bestaan nie, maar dat ons ook sal dink aan dit wat Hy vir ons in die toekoms beplan. 

 

Christus se sterwe en opstanding het die hemel vir ons oopgemaak. Na Jesus se sterwe het die voorhangsel, wat die tempel se Heilige deel geskei het van die Allerheiligste gedeelte, geskeer. Hierdie simboliek gee ons die vrymoedigheid om in God se teenwoordigheid te kan ingang. Slegs die Hoëpriester kon dit voor Christus se sterwe doen. Nou het ons vrymoedigheid om self in te gaan. Daarom word ons nie vasgevang in die hier en nou nie. Ons gedagtes is nie net by die hier en nou nie, ons kan die gedagtes van God vir ons verstaan en ons kan hierdie gedagtes weet.


  • Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor: 
  • Hoekom is dit nodig om ons gedagtes te fokus op God en Sy toekoms? 
  • Hoe kan ons, ons gedagtes fokus op God en Sy toekoms? 


  • Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:


As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.  

 

  1. Hoe kan jy in hierdie week leer om jou gedagtes op God en Sy toekoms vir jou te fokus?
  2. Hoekom het jy nodig om in hierdie week by God te rus?