Wat Sou Jesus Doen – 5: 

 

Matt 11:28-30 (53)

Kom na My toe, almal wat VERMOEID en belas is, en Ek sal julle RUS gee. Neem my juk op julle en LEER van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is SAG en my las is lig.

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal gebruik.

 

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor: 

  1. a) Hoekom moes Christus sterf?                                                                                                                        b) Hoekom moes Christus opstaan uit die graf?

WOORD:

  • Gebed: 

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)


  • Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG: 

 

1 Kor 15:14 (53)

En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof.

 

1 Kor 15:21 (NLV)

Julle sien, soos die dood deur ’n mens, naamlik Adam, in die wêreld ingekom het, so het die opstanding uit die dood ook deur ’n mens werklikheid geword. 

 

1 Kor 15:26 (53)

Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.

 

Heb 2:14 (83)

Aangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is, het Hy ook net soos hulle mens geword. Dit het Hy gedoen om deur Sy dood dié een wat mag het oor die dood, dit is die duiwel, te vernietig.

 

Rom 6:9 (83)

Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie.. 

 

1 Kor 15:54-55 (83)

En wanneer hierdie verganklike liggaam met die onverganklike beklee is, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike, dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word: “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.” Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?


  • Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

Ons het ‘n vyand. Hy probeer sy bes om ons verhouding met God te beskadig. Hierdie vyand was ook teenwoordig in die tyd toe Christus hier op aarde geleef het. Sy groot taak was om Christus weg te kry van die Vader af. Sy planne het een na die ander misluk, tot op die dag dat hy beplan het om Christus DOOD te maak. Dit was die grootste fout wat die vyand gemaak het. Christus se DOOD het oorwinning veroorsaak, nie net vir Hom nie, maar ook vir almal wat na Hom geleef het. Sy oorwinning oor die DOOD het ook ons oorwinning geword. Tog is die vyand nogsteeds besig om ons te probeer DOOD maak. Hoe hy dit reg kry is om ons verhouding met God te verbreek en ons te kry om weg te draai van God af.

 

Christus het hierdie finale vyand oorwin en as gevolg van hierdie oorwinning dit vir ons moontlik gemaak om ook as oorwinnaars oor die DOOD te lewe. Die DOOD is nie ‘n einde vir die wat in Christus sterwe nie, dit is net die begin van ‘n lewe vir ewig saam met God. Net soos Christus die DOOD oorwin het, net so kan ons ook die DOOD oorwin. Wanneer ons ons asem hier op aarde uitblaas en ons sterwe met Christus as ons Heer en Leidsman, staan ons op en lewe vir ewig saam met Christus.


  • Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor: 
  • Hoekom is die DOOD die laaste vyand wat verslaan moet word? 
  • Hoe oorwin ons die DOOD? 


  • Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:


As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.  

 

  1. Hoe kan jy in hierdie week tyd maak om te dink oor die DOOD en hoe jy die DOOD kan oorwin?
  2. Hoekom het jy nodig om die DOOD te oorwin?