Week 1: 1 -7 Nov 2020

Week 1: 1-7 November 2020
Finishing Strong – Gerhard Dalton

“You can’t go back and change the beginning, but you can start where you are and change the ending.” … C.S. Lewis.

“Finishing is better than starting. Patience is better than pride.” –

Ecclesiastes 7:8 (NLT)

Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees: 2 Tim 4:7 Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het
gelowig end-uit volgehou.
3. Kyk: Kyk na die video deur Gerhard Dalton
4. Gesels oor die volgende:
Om die resies van die lewe goed te voltooi het ek nodig om die volgende vier areas te
ontwikkel:
● Die Regte Voedingstowwe:
Om die resies van die lewe te wen: Wat is die regte Voedingstowwe wat ek nodig het?
● Die Regte Toerusting:
Om die resies van die lewe te wen: Wat is die regte toerusting wat ek nodig het?
● Die Regte Advies:
Om die resies van die lewe te wen: Wat sal die regte advies wees wat ek nodig het?
● Die Regte Inspirerende verhale-Visie:
Om die resies van die lewe te wen: Watter inspirerende verhale/Visie het ek nodig?

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf
is onder Connect, of maak jou eie playlist op YouTube.

Werke en vrae
● Hierdie week: Bid vir elke CONNECT lid. Bid dat elkeen die wil van God vir sy/haar
lewe sal ontdek.
● Almal is besig om die wedloop van die lewe te hardloop. Almal hardloop egter sy/haar
eie wedloop, elkeen se wedloop lyk anders. Hoe kan ons mekaar bemoedig om die
resies goed te voltooi?
● Hoe kan ons die ander mense om ons aanmoedig om hulle resies goed te voltooi?