Week 1: 11-17 April 2021
Renaldo Barnard
CONNECT TO POWER – Filippense 1
Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees:
a. Fil 1:29 God het julle die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly.
b. Fil 1:27 Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees. As ek dan kom, sal ek self sien, of as ek nie kan kom nie, sal ek deur berigte hoor dat julle in volkome eensgesindheid standvastig saamstry vir die geloof in die evangelie.
c. Fil 1:21 Want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.
d. Phil 1:6 (NIV) Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die
goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.
3. Kyk: Kyk na die video deur Renaldo Barnard
4. Gesels:
● Wat beteken dit om: “Te ly vir die Evangelie”
● Wat beteken dit om: “Waardig te lewe vir die Evangelie”
● Wat beteken dit om: “Te sterwe vir die Evangelie”
● Wat beteken dit om: “Die goeie werk van die Evangelie te doen”
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Bid en mediteer hierdie week oor die volgende vier woorde wat ons in Filippense 1
aantref: LY / STERWE / LEWE / DOEN
© 2023 All Rights Reserved Word and Life Church