DESPERAAT – ONTWAKING
“Jesus teaches us that we can learn even from dishonest people who are smart! It would be
great if all true believers were as clever in spiritual matters as these crooks are in plying their
trade. The manager adapts quickly to a crisis and so should we especially in these pandemic
days.”- Warner D'Souza
Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees: Die Oneerlike Bestuurder – Lukas 16:1-9
Lukas 16:8 “Die werkgewer het die oneerlike bestuurder geprys vir die slim ding
wat hy gedoen het. Die mense van hierdie wêreld tree onder mekaar slimmer op as
die mense van die lig.”
Lukas 16:3 “Die bestuurder dink toe by homself: wat moet ek nou doen. My
werkgewer neem die bestuurderskap van my af weg. Vir handearbeid sien ek nie kans
nie; en om te bedel, skaam ek my.”
Lukas 15:17 “Toe kom hy tot inkeer”
3. Kyk: Kyk na die video deur Raymond Nell
4. Gesels: Gesels oor die Gelykenis van Oneerlike Bestuurder – Lukas 16:1-9
Oor die volgende vier weke gaan ons gesels oor hierdie gelykenis. Daar is vier
bewegings wat na vore kom vanuit hierdie gelykenis: Ontwaking, Plan, Beweging,
Uitkoms. Vanaand gesels ons oor: Ontwaking.
● Indien jy gemaklik is daarmee: Deel ‘n storie oor ‘n keer wat jy jouself in ‘n baie
desperate posisie bevind het.
● Wat het jy gedoen om uit of deur hierdie posisie te kom?
● Wat kan ek doen om die proses van Ontwaking te vergemaklik?
● Wat het jy nodig om Ontwaking te laat ontstaan?
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf
is onder Connect, of maak jou eie “playlist” of YouTube.
Werke en vrae
● Julle Connect Groep bestaan uit lede: Watter rol kan elke lid speel wanneer dit kom
by die aanmoediging of bystand van ’n Connect Groepslid wat hom- of haarself in ’n
desperate plek bevind?
● Daar is ’n desperaatheid by God oor mense in nood: Wat dink julle is die Ontwaking
wat julle groep nodig het om God se desperaatheid oor Sy mense raak te sien?
© 2023 All Rights Reserved Word and Life Church