Week 1: 6-12 Junie 2021 -Morne Kruger – ENTHEOS-IN GOD – Mobile

Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees: Psalms 139:13-18
“Here, U het my tot in die fynste detail gemaak. In die baarmoeder het U my gevorm.Ek wil U prys omdat U my so volmaak geskep het. U doen wonderlike werk. Ek weet dat U groot dinge kan doen. Daar is nie ’n been in my wat uit sy plek is nie. U ken my totaal. Alles is soos U dit wil hê. U het my gemaak. Toe ek grootgeword het, het U vir my gesorg. U beheer ook my hele lewe. Nog voordat ek mens geword het, het U my al beplan. U het my lewe toe al in u hand gehou. En U het besluit wat met my sou gebeur. God, dit troos my om te weet dat U alles in u hand hou. Die gedagte daaraan is net te groot om te verstaan. As ek dit probeer verstaan, besef ek my kop is te klein. En as ek klaar probeer dink het oor U, het ek nog steeds met U te doen.”
3. Kyk na die video deur Morne Kruger
4. Gesels:
● Ons is almal in God se beeld en gelykenis geskape. Hoekom dink jy het God ons so geskape?
● Wat dink jy is die hoofrede hoekom God jou geskape het?
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe
webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens
gedoen is.
Werke en vrae
Hierdie week: Spandeer tyd in God se teenwoordigheid en vra vir Hom die volgende vraag: “Vir watter rede het U my geskape? Wat is die een ding waarvoor ek geskape is?