Week 1: 9-15 Mei 2021
Gerhard Dalton
‘N KRAG WAT TRANSFORMEER
Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Open met gebed.
2. Lees: Lukas 1:30 – 38
● Luk 1:31 (NLV) Jy sal swanger word en ’n seun hê en jy moet Hom Jesus noem.
● Luk 1:34 (NLV) Maria… engel gevra: “Maar hoe kan ek ’n kind hê? Ek was nog nooit by ’n man nie.”
● Luk 1:35 (NLV) Die engel het geantwoord: “Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou toevou. Daarom sal die kind wat gebore word, heilig en die Seun van God genoem word.
3. Kyk na die video deur Gerhard Dalton
4. Gesels:
● Hoekom het ons nodig om deur die Heilige Gees getransformeer te
word?
● Hoe transformer die Heilige Gees ons?
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae
Hierdie week: Maak ekstra tyd met die Heilige Gees. Laat Hom toe om jou lewe te deursoek en gee Hom kans om terugvoer te gee oor areas wat getransformeer moet
word.
© 2023 All Rights Reserved Word and Life Church