Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees:
● Joh 14:20 “Daardie dag sal julle weet dat Ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle.”
● Kol 1:26-27 “Dit is die geheimenis wat eeue en geslagte lank verborge was, maar wat nou geopenbaar is aan die mense wat aan Hom behoort. God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.”
3. Kyk na die video deur Gerhard Dalton
4. Gesels:
Gal 5:22-23 “Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.”
● Wat beteken dit om In God te wees?
● Gesels oor die Vrug van die Heilige Gees en hoe hierdie vrug in jou lewe gesien kan word.
Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae vir hierdie week:
Dink hieroor: Indien Christus in jou is, dan sal die vrug van die Gees in jou gesien kan word. Watter vrugte dink jy het aandag en werk nodig?
© 2023 All Rights Reserved Word and Life Church