Week 2: 14-20 Junie 2020

Week 2: 14-20 Junie 2020

Vernuwe en Wees Geestelik Gesond

“Transformation is more than just putting information in your head. It’s about living out what God is working in you.” Rick Warren

Just Be-“We are human beings, not human doings, and we’re at our best when we’re becoming” Mike Moore

Ons word vernuwe vanaf binne na buite. ‘n Proses van vernuwing begin altyd deur ‘n hartsverandering. Ons kyk vandag na sewe gewoontes wat ons moet kweek om Geestelik Gesond te kan WEES.

Psalm 46:11 -“Wees stil en weet Ek is God”.
Romans 12:2 -“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te Vernuwe”.

Gebed:

Open met gebed.

Lees:

2 Kor 5:17 “…Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.”

Gesels:

Vernuwing en verandering is die twee konstante begrippe wat nooit verander nie. Ons bevind ons in ‘n wêreld wat konstant verander en vernuwe. Dit is belangrik dat ons lewens ook gedurig vernuwe en verander. Vernuwing is ‘n kopskuif, maar begin nie by die kop nie, dit begin in die hart van die mens. Die besluit tot vernuwing moet eers in die hart geneem word. Die sewe gewoontes wat aangeleer moet word bring eers ‘n vernuwing in die hart en dan ‘n vernuwing van die denke. Hoe meer ons die gewoontes toepas, hoe meer word ons denke vernuwe. Gesels oor die sewe gewoontes en Lees die skrifte hieronder:

Vernuwing kom wanneer ons hierdie sewe gewoontes toepas:

  1. Wees lief vir Jesus

  2. Gee elke dag alleen tyd vir Hom

  3. Bestudeer die Bybel en pas dit wat jy leer toe

  4. Leer om ‘n tiende van jou inkomste te gee

  5. Wees lief vir die mense om jou

  6. Dien en Ondersteun die mense om jou

  7. Deel Jesus met die mense om jou

Vra:

-Luk 14:26/Mark 12:30 -Prov 8:34
-Ps 1:1-3/Jam 1:25 -Mal 3:10

-1 Joh 4:20/Joh 13:35 -Mark 10:45
-2 Tim 2:2/Matt 28:19

  1. Geestelike Gesondheid =Liefde: Hoe word ‘n mens se hart vernuwe?

  2. Watter een van die sewe gewoontes beoefen jy bevredigend?

  3. Watter een van die sewe gewoontes wil jy meer aandag aan gee?

Gebed:

Bid vir mekaar en vir gebedsversoeke