week 2: 16-22 Mei – ‘n Krag wat transformeer

Week 2: 16-22 Mei 2021
Raymond Nell

‘N KRAG WAT TRANSFORMEER

Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Open met gebed.
2. Lees:
● Handelinge 1:7-8 “Al wat julle hoef te weet, is dat God met sy groot krag in julle lewe sal werk wanneer die Heilige Gees na julle toe kom. Dan gaan julle oral oor My praat: hier in Jerusalem, maar ook in die hele Judea en Samaria.
Ja, selfs tot aan die verste uithoeke van die wêreld.”
● Romeine 1:20 Van die begin van die skepping af het God Hom baie duidelik aan ons bekendgemaak. Alhoewel niemand van ons God met die blote oog kan sien nie, het Hy sy groot krag oral in die skepping aan ons kom wys. Sy handewerk wys dat Hy die enigste ware God is. Daarom het die mense geen verskoning nie.
3. Kyk na die video deur Raymond Nell
4. Gesels oor die sewe eienskappe van die Heilige Gees:
1) Wind – Handelinge 2:1-4
2) Vuur – Handelinge 2:1-4
3) Duif – Lukas 3:21-22
4) Water – Jesaja 44:3-4
5) Wolk – 2 Kronieke 5:13-14
6) Olie – Handelinge 10:37-38
7) Wyn – Handelinge 2:13-20

Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe
webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens
gedoen is.

Werke en vrae
Vir die volgende 7 dae: Vra die Heilige Gees om jou elke dag deur ‘n nuwe eienskap
te ontmoet. Laat Hom toe om jou lewe te deursoek en gee Hom kans om terugvoer
te gee oor areas wat getransformeer moet word.