Week 2: 9-15 Augustus 2020

Week 2: 9-15 Augustus 2020

 

Nuwe Hart-Dien Ander  

 Deur Andere te dien, ontdek ek my doel hier op aarde.

 

Welkom:

Nadat almal lekker koffie gedrink en gesels het;

Verwelkom almal, Gebruik ‘n toepaslike Ysbreker

 

Woord:

Gebed:

Open met gebed. 

Lees:

Gal. 5:13 (NIV) You, my brothers and sisters were called to be free. Do not use your freedom to indulge the flesh, rather, serve one another humbly in love.

 

Gesels: Gesels oor die Genadegawes. Doen die gawe toets voor die tyd

Hierdie drie stellings is baie belangrik om te onthou:

Ons dien God deur ander mense te dien.

Ons dien omdat God vir ons gawes gegee het om mee te dien.

Jesus het vir ons gewys hoe om te dien

 

  • Mark. 40:45 “Want die seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en Sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.” Hoe het Jesus die mense van Sy tyd bedien?
  • 1 Kor. 12 – Lys van gawes. Probeer om mekaar se gawes te bepaal en bespreek hoe elke Connect Groeplid se gawes die groep bevoordeel.
  • 1 Kor. 14:26  “Hoe moet dit dan wees broers? Elke keer as julle bymekaarkom het elkeen gewoonlik ‘n bydrae om te lewer, ‘n psalm, ‘n onderwysing, ‘n openbaring, ‘n ongewone taal of klank of uitleg daarvan. Sorg dat alles tot ‘n opbou van die gemeente verloop.” Elke Connect Groeplid het ‘n rol om te speel in die groep, weet elkeen wat sy of haar rol is en is elkeen besig om sy/haar bediening uit te leef in die groep?

 

Worship-Aanbidding:

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die Aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

Werke en vrae:

Bid vir mekaar en seën mekaar deur elkeen se gawes asook elkeen se rol in die groep te bevestig.