Welkom
Glo almal het lekker koffie gedrink en gesels
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike Ysbreker
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees: Joël 2:16 “Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die
kinders en die suigelinge! Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar
slaapvertrek.”
3. Gesels: Hoe kan ons God se volk versamel?
Matt. 9:36-37 En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie. Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Jesus sien ons raak. Hy sien ook almal rondom ons raak. Ons kan Hom vra om deur Sy oë te kyk na die mense om ons. Wie het behoefte en wie kan ons help. As groep vra Jesus om julle oë oop te maak sodat julle kan sien wie om te versamel en te nooi na julle groep.Ons is Jesus se arbeiders en Hy stuur ons uit om die oes te versamel. Dink aan manier hoe julle as groep in die “Oesland” kan ingaan en mense versamel.
Matt. 10:1 EN Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.
Jesus stuur Sy twaalf dissipels uit en gee hulle ‘n opdrag, elkeen kry ‘n taak wat hy/sy moet verrig. As Jesus julle groep vandag uitstuur wat se take sal hy vir julle elkeen gee?
Hand. 1:15 EN in dié dae het Petrus in die midde van die dissipels opgestaan – die … daar bymekaar was omtrent honderd-en-twintig – en gesê:
Hand. 2:41 Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drieduisend siele toegebring.
Hand. 2:47 ... En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.
Jesus het bly byvoeg by die gemeente. Sy begeerte is om by julle groep by te voeg.
Worship-Aanbidding
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die Aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae
Skryf die name neer van mense wat julle wil nooi (versamel) om deel van julle CONNECT Groep te wees en begin vir hulle te bid. Bid en vra die Here om vir julle te lei hoe en waar om met hulle kontak te maak. Word deel van #ProjectGather. Lees Joël 3:17-18 … dan sal Jerusalem ‘n heiligdom wees waar geen vreemdes meer deur sal trek nie. … uit die huis van die Here sal daar ‘n fontein uitkom om die dal Sittim te besproei.
© 2023 All Rights Reserved Word and Life Church